Constans II van Bisantium

Constans II
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Constans II uitbeeld.
’n Muntstuk wat Constans II uitbeeld.
Bewind 64115 September 668
Dinastie Herakleios
Gebore 7 November 630
Oorlede 15 September 668
Voorganger Heraklonas
Opvolger Konstantyn IV
Eggenote Fausta
Kinders Konstantyn
Herakleios
Tiberius
Vader Konstantyn III
Moeder Gregoria

Constans II of Konstantyn die Bebaarde (Grieks: Κώνστας Β; 7 November 630 – 15 September 668) was die Bisantynse keiser van 641 tot 668. Constans is die verkleiningsvorm van sy geboortenaam, Herakleios, maar hy het amptelik as Konstantyn regeer. Die bynaam word meestal in Bisantynse en moderne geskrifte gebruik.

Hy was die seun van Konstantyn III en het in 641 medekeiser geword ná gerugte dat keiser Heraklonas se ma, Martina, Konstantyn vergiftig het. Heraklonas is in dié jaar van die troon gesit en Constans het alleenheerser geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search